VIC VALLE EN NAMIBIË TOER

 

SONDAG 17 JUNIE 2012

 

Ons ontmoet mekaar om 08h00 by die buitelandse vertreksaal by O.R. Tambo Lughawe.

 

Ons vertrek om 10h00 en land 12h00 op Livingstone Lughawe en vertrek direk na die Watervalle op 'n twee

en 'n half uur wandelroete.

 

Hiervandaan na die Maramba vakansie oord vir aandete en oornag op die walle van die Zambezie rivier. Miskien 'n bootrit laat die middag.

 

MAANDAG 18 JUNIE 2012

 

Net na ontbyt vertrek ons na Katimo Mulilo en vandaar deur die Caprivi na Rundu waar ons op die walle van die Okavangorivier by die Nunda River Lodge gaan oornag.

 

DINSDAG 19 JUNIE 2012

 

Ons bestemming is die Makalani Hotel in Grootfontein, 'n interessante roete deur regte BosveldwLreld.

 

WOENSDAG 20 JUNIE 2012

 

Onderweg na Etosha gaan ons die meteoriet naby Tsumeb besoek, daarna die Otjikotomeer en dan in by die Namatonihek.

 

Ons sal wild besigtig tot in Halali waar ons gaan oornag en vanaand kan ons wild gaan kyk onder spreiligte by 'n dam.

 

DONDERDAG 21 JUNIE 2012

 

Vanoggend wag baie wild onderweg na Okaukujo, en dan na die Ombikahek. Ons verlaat die Wildtuin eers teen 14h00 en ry na Outjo, waar u kan inkopies doen.

 

Ons oornag in die Etosha Gardens Hotel.

VRYDAG 22 JUNIE 2012

 

Dis nie &n baie lang pad vandag na Khorixas toe nie maar vanmiddag gaan ons kyk na die Versteende Woud asook die Verbrande Berg. Ons oornag in die Khorixas ruskamp.

 

SATERDAG 23 JUNIE 2012

 

Hentiesbaai is ons bestemming vandag.

 

Die Uismyn is op ons pad en vanmiddag moet ons nog 'n besoek aan Kaap Kruis bring - 'n besondere rob-eiland.

 

SONDAG 24 JUNIE 2012

 

Vanoggend ry ons direk na Goanikontes waar die skaars Welwitschia Mirabilis nog voorkom, asook die maanlandskap. Swakopmund het ook 'n paar baie interessanthede wat ons gaan waarneem. Ons oornag in Swakopmund.

 

MAANDAG 25 JUNIE 2012

 

Walvisbaai, die hoogste sandduine, die pelikane, &n soutfabriek en dan deur die Namib Naukluftpark en die Kuiseb Canyon na 'n pragtige gastehuis in Solitaire.

 

DINSDAG 26 JUNIE 2012

 

Op ons pad na Luderitz ry ons deur Helmeringhauzen, Aus en Kolmanskop.

 

Vanmiddag moet ons nog die Diazpunt gaan besoek. Ons oornag in die Kapps Hotel.

 

WOENSDAG 27 JUNIE 2012

 

'n Baie interessante roete vandag deur Seeheim, Holoog, die uitsigpunt van die Visrivier Canyon en dan na Ai-Ais, 'n pragtige warmwaterbron waar u vir twee nagte heerlik kan ontspan. Ons hou &n lekker braai vanaand.

 

DONDERDAG 28 JUNIE 2012

 

'n Volle heerlike dag in Ai-Ais. Moet nie u baaiklere vergeet nie.

 

VRYDAG 29 JUNIE 2012

 

Vanoggend deur die pragtige rooskwartsberge na Grunau en dan kies ons koers na Keetmanshoop waar ons in die Canyon Hotel gaan oornag.

 

Vanmiddag nog 'n besoek aan die kokerboomwoud.

 

SATERDAG 30 JUNIE 2012

 

Ongelukkig is Mukarob (God’s Finger) nie meer daar nie, maar in Marienthal besoek ons Hardapdam, maak 'n draai in Rehoboth en dan na Windhoek.

 

Vanmiddag kry u vir oulaas kans om inkopies te doen.

 

SONDAG 1 JULIE 2012

 

Ons moet nog vanoggend die Alte Feste, die Lutherse Kerk, die Tintinpalast en 'n stadstoer van Windhoek doen voordat ons lughawe toe ry vir ons vlug terug Johannesburg toe. Ons land ongeveer 16h00.

 

 

Die prys van R15 850-00 p.p. sluit die volgende in:

 

Vliegtuigkaartjies, lughawebelastings, verblyf in goeie akkommodasie met privaatbadkamers (2 per kamer), alle aandetes en ontbyt, tien pieknieketes, toegang waar van toepassing, 'n goeie toerbus met lugreëling, 'n goeie gids, goeie musiek en 'n yskas. U is verantwoordelik vir u paspoort, u persoonlike medisyne, 'n beker for koffie of tee onderweg en 'n tas wat nie meer as 21 (een en twintig) kg weeg nie. Onthou kameras en 'n reënbaadjie by die Victoria Watervalle, asook u baaikostuum.

 

‘n Deposito van R5 500-00 word benodig om u plek te bevestig en die balans moet voor of op 20 Mei 2012 vereffen wees.

 

U moet ook asseblief vir my 'n fotostaat van u paspoort stuur voor vertrek, op faks nommer 011 907-4431. Ons neem net 25 persone saam!!

 

BANKBESONDERHEDE                     PRINSLOO JM TOERE

                                                            ABSA ALBERTON

                                                            REK NO 9100 340 248

 
Make a Free Website with Yola.